Sloganimage007

Farr Out

B&B / Gastehuis



Tans beter bekend as die "St Tropez"  van Suid Afrika bly Paternoster steeds 'n bekoorlike vissersdorp langs die Weskus. Net ongeveer 1,5 ure se ry vanaf Noordelike voorstede van Kaapstad waar die verlede en die toekoms ontmoet. In Latyns beteken Paternoster "Onse Vader". Hou hierdie vreedsame gevoel in jou gedagtes en jy sal by die regte plek uitkom.

Geniet bed en ontbyt in die gastehuis:

Farr Out

Die paar minute se ry vanaf Paternoster se middedorp sal jy nie regtig ver noem nie. Maar wanneer jy egter aankom in die sanderige bosveld-wildernis voel jy verrassend verwyderd van die res van die wêreld. Waar jy teen die glinsterende skulpiespad opry na die gastehuis, kyk jy uit oor 'n inheemse tuin en die see. Jy kan ook die laaste bemande lighuis in Suid-Afrika, wat in die naby-geleë Kaap Columbine Natuurreservaat voorkom, skramps raaksien of luiser na die mishoring en lekker opkrul.

Komaan, wees buitensporig en geniet jou vakansie!

Vier luukse kamers sal jou verblyf gemaklik en onvergeetbaar maak in ons gastehuis.

Jou gasheer en gasvrou is Engels, Duits en Afrikaans-magtig.

Die perfekte "off the beaten track" wegbreek. Omtrent 2 ure van Kaapstad-sentraal.


Probeer ons "Flintstone's Borrelbad" ('n buitelug houtgevuurde warm bad)
... sterrekyk op ‘n ander manier...

 –

FarrOutCourtyardsmallHot_tub_night

PaternosterBay

AAHighrecommgreenwood_logo_150PaternosterLogoSBTOlogo

 

bookingbuttonbig_AFR

Convert 

into