|
Dag Toere Deon van Schalkwyk is 'n THETA (Tourism, Hospitality and Sport Education and Training Authority) geakkrediteerde toergids en het uitstekende kennis van die omgewing. Bo alles het hy 'n diep gewortelde liefde vir sy duinebesie en is ook 'n entosiastiese 4X4 liefhebber. Hy is trots hierop en sal graag sy entosiasme en passie met jou deel. Hy bied dag-toere sowel as "shuttle-dienste" aan. Alle pryse op versoek. |
|
|
Duinewandeling Ongeveer 2 ure en 'n maksimum van 3 persone Sluit aan by Deon vir 'n duinebesie rit al langs die duine vanaf Paternoster tot by St Helenabaai. Geniet die stories van die Portugese-vaarders. Julle mag gelukkig wees om walvisse en dolfyne in die baai te sien speel in die branders. Word gehipnotiseer deur die vissermanne se kleurruke bakkies (bote) wat uitgaan see-toe in die vroeë oggendure. In 1910 het die Lisboa, 'n Portugese staal stoomskip op Soldiers Reef naby Paternoster gestrand. Dit was die eerste keer aan die kus van Suid Afrika waar 'n radiotelefoon-boodskap gebruik was om hulp te kry vir 'n boot in nood. Oer oue graniet-heuwels en rotse vorm 'n agtergrond na St Helenabaai. Die uitsig oor die baai en rigting Piketberg is asemrowend. Die eerste Europese persoon wat aan wal gestap het hier, was die Portugese verkenner Vasco da Gama op 7 November 1497 gedurende sy baanbrekers-reis vanaf Europa tot by Indie. |
|
Adrenalienhol Adrenalienhol (ongeveer 5 ure, maksimum 3 persone) Trekoskraal is naby geleë en bied 'n stille natuurlewe. Gaan vir 'n adrenalienhol in die duinebesie en geniet pret en plesier in die eindelose wit sand. Spandeer tyd tussen die groot verskeidenheid blomme in die lente (beste tussen Augustus en September). Jy kan sover sien as Jacobsbaai, "Namakwaland by die see" in die Suide en Cape Columbine Natuurreservaat in die verte met sy laaste bemande lighuis langs ons kus. Geniet die uitstekende uitsig van die Atlantiese Oseaan. Ontdek die nimmer-eindelose wit strande met die wind in jou hare. Jy mag dalk vassit!!! ... maar moenie bekommerd wees nie, daar is altyd 'n manier uit ... |
|