Sloganimage007

Dag Toere

Deon van Schalkwyk is 'n THETA (Tourism, Hospitality and Sport Education and Training Authority) geakkrediteerde toergids en het uitstekende kennis van die omgewing. Bo alles het hy 'n diep gewortelde liefde vir sy duinebesie en is ook 'n entosiastiese 4X4 liefhebber. Hy is trots hierop en sal graag sy entosiasme en passie met jou deel. Hy bied dag-toere sowel as "shuttle-dienste" aan.

Alle pryse op versoek.

BB_Deon

 
Landcruiser

Terug in die Geskiedenis

Ongeveer 4 ure, maksimum 4 persone

Geniet 'n gerieflike rit vanaf Paternoster na Vasco da Gama monument in St. Helenabaai. Ontdek die soutpanne en Bokkomlaan in Velddrif. Die volgende stop ná Dwarskersbos is Rocherpan, 'n paradys vir alle voëlliefhebbers.

St. Helenabaai is een van net drie oorspronklikke baaie in die wêreld waar jy na die sonsondergang sowel as die sonopkoms kan kyk. Dit word ook erken as een van die kalmste baaie in die wereld. " 'N kalm en rustige baai" het Vasco da Gama gesê. 'n  Rare  verskynsel is die werklike afwesigheid van roes wat in die omliggende dorpe voorkom . Kenners meen dat dit dalk die ry klein heuwels  is aan die Weste-kant van die dorp wat dit beskerm van  die sout sproei. Die strand van St Helenabaai was die eerste plek in Suidelike Afrika waar die "Pater Noster" (Onse Vader) opgesê was, en die dorp van Paternoster was hierna vernoem.

"Bokkom" is 'n tradisionele Weskus lekkerny (gedroogde vis).  Die bokkomindustrie, wat langs die Berg Rivier geleë is, speel 'n integrale deel in die Weskus ekonomie.  Alhoewel sommige van hierdie klein fabrieke nasionale monumente is, voorsien dit nog steeds die plaaslike inwoners van hul daaglikse brood.

Ongeveer 25km Noord van Velddrif lê die asemrowende Rocherpan Natuurreservaat. Die 914 hektaar reservaat bestaan grotendeels uit natgrond en is blyplek vir 'n wye verskeidenheid voëlspesies. Behalwe vir die verskeidenheid voëls wat gesien kan word, is daar ook 'n aantal kleiner soogdiere soos byvoorbeeld die Springbok, Duiker, Steenbok, Muishond en die Afrika Wildekat.

Daar is twee voël-uitkykpunte en 'n verskeidenheid piekniekplekke om van te kies. Gedurende Augustus en September bied die natuur 'n kleurvolle blomme vertoning aan wat geen mens moet mis nie.


Vasco_Da_Gama

Bokkom_lanejpg

 

 

Landcruiser

Blommerit

Ongeveer 5 ure, maksimum 4 persone

Geniet 'n rit langs die kus en besoek dorpe soos Saldanha en Langebaan. Die Weskus Nationalepark bied 'n uitstekende uitsig oor die unieke Langebaanmeer sowel as die bekende 16 myl strand. In die park is die Geelbek restaurant geleë, met sy aangrensende museum wat 'n insig gee van "Eves Footprint".

Saldanhabaai, die grootste natuurlike baai, het die diepste ankergrond in Suid Afrika. Dit is ook die tuiste van die rykste mossel en oesterplase. Saldanha en die Langebaan meer vorm tesame een van die min beskermde habitad van die Benguela Marieneprovinsie.

Die Weskus Nasionale Park was opgerig om hierdie unieke ekosisteem te beskerm. Malgaseiland in Saldanhabaai het verskeie seevoël-spesies met sy vernaamste inwoner die Kaapse Gannet (Morus Capensis).

Jaarliks kom ten minste 40 000 van hierdie manjifieke voëls bymekaar om daar te broei. Dit skep 'n ondeurdringbare muur van vere en snawels.

Gedurende Augustus en September werp die Weskus sy winter jas en vertoon sy kleurvolle lente-kleure.

WCNP1

WCNP2

 

 

 

bookingbuttonbig_AFR

Convert 

into