|
Bly besig by Farr Out of wees net rustig.
Hier is sommige skatte wat jou langer sal laat bly by ons… |
|
"Flintstone's borrelbad" (Houtgevuurde warmbad) Die nuutste toevoeging in ons tuin is 'n warmbad wat met hout gestook word. Aangesien dit in die opelug is, is dit sterrekyk op 'n ander manier. Perfek vir romantiese aande. Hoogs ontspannend! Dit sal jou siel kalmeer en kan ook gebruik word vir rugpyn-verligting. Die bad is ongeveer 1.40m diep. Dobber weg en geniet jouself (gebruik op eie risiko). |
|
Kuns en handwerk
Geniet 'n toer deur Marion se spesiale kunswerk by Farr Out. Swart en wit asook sepia fotos met die huidige tema "Namibia desert" en "Shells and Beach Paternoster/West Coast" is gedruk en gestrek op seildoekrame (verskeie groottes beskikbaar tot by A0). "Paternoster bakkies" is in die pyplyn. Elke stuk kunswerk is uniek en word individueel aangeraak met olie verf en sommige eco vriendelike natuurlike medium om 'n soort van 3-D voorkoms te verkry. Voorkoms is misleidend....
Farr Out ondersteun die gemeenskap projek "KELP" (Kelp Environmental Learning Project). See-bamboes word omskep in unieke kunswerke en elke stuk kan gebruik word as 'n "Vuvuzela"! Kry jou aandenking by Farr Out! Voëlliefhebbers kan hul "birdfeeders" hier aankoop. Sit op die stoep en bekyk die wye verskeidenheid voëls van naby. Daar word nog veel meer aangebied by die tuis-winkel. Kom ontdek en kies jou plaaslike aandenking. |
|
|
Wildlewe
Die Weskus is definitief 'n voëlliefhebber-paradys. Ontdek 'n aantal van die 225 voëlspesies in die area. Jy mag ook gelukkig wees om in die vroeg-oggend die klein Duiker of Steenbok te sien wat knibbel aan die plante in die tuin. Slange word ook soms gewaar. Maar dit is baie selde aangesien hulle verdwyn wanneer hulle mense hoor of sien. Al ooit vantevore visse gevoer? Ons Koi-visse is hand grootgemaak en is baie lief daarvoor om gevoer te word. En natuurlik is die kans groot dat jy ook ons "Klein Vyf" sal sien: Duiker of Steenbok, muishond, skilpad, francollin, hase en meer. |
|