Sloganimage007

Jou gasheer/vrou

Die span van Farr Out heet jou welkom in die rustige dorp Paternoster.

Met haar eerste besoek gedurende 1989 na Suid Afrika, het Marion Lubitz, oorspronklik van Duitsland, besluit om permanent na Suid-Afrika te kom. Haar droom was toe bewaarheid en sy het in 1998 permanent na Suid Afrika verhuis waar sy haarself toegewei het aan die toerismebedryf. Sedert 2007 dien sy, op 'n vrywillige basis, as Voorsitter van die toerismebedryf in Paternoster en streef daarna om die dorp se algehele toerisme op te hef. Sy is ook betrokke by die reëlings van die jaarlikse Paternoster Erfenisfees op 24 September. Die hoofdoel van die fees is om geld in te samel vir die kinders van Paternoster wat dan op opvoedkundige toere geneem word.

Deon van Schalkwyk, 'n gebore Suid Afrikaner met sy passie vir die Weskus het Marion oortuig om haarself in die stil en rustige dorp, Paternoster te vestig. Na 24 jaar diens in die Lugmag het hy besluit "dit is genoeg" en 'n nuwe lewe langs die Weskus begin. In September 2005 het Deon en Marion die deure van Farr Out oopgemaak vir besoekers regoor die wêreld.  In 2007 het Deon homself gekwalifiseer as toergids. Dit gee hom die geleentheid om gaste uit te neem in die Duinebesie of 'n meer gerieflikker rit in 'n Landcruiser en die interessante stories en geskiedenis van die Weskus met hulle te deel.

Tesame het hulle 'n betroubare span opgebou. Met Marlen, Molla en Benjamin as daaglikse helpers, hou hulle die standaarde hoog.


Wir_beim_hot_tubUs_Farr_OutUs_Farr_Out2

 

bookingbuttonbig_AFR

Convert 

into