Sloganimage007

Omtrent Paternoster

Paternoster, 'n rustige 1.5 ure se ry, noord van Kaapstad in die Wes Kaap, is besig om bekendheid te verwerf as die "St. Tropez" van Suid Afrika.

Paternoster is  'n Latynse woord en beteken "Onse Vader", volgens die Rooms Katolieke geloof 'n ander naam vir "Die Here se gebed". Die openings woorde van die Latynse weergawe is "Patre Nostre".

Volgens legende kry die dorp sy naam van 'n outydse skeepswrak die "Paternoster", 'n Hollandse handelsvaartuig wat ongeveer drie eeue gelede hier gestrand het.

Lewe in Paternoster is nog steeds verbonde aan die see en vis-industrie.  Die bote gaan nog steeds elke oggend uit om kreef en snoek ('n inheemse vis) eie aan die Weskus, te vang. Dit is na hierdie historiese en rustige dorp waarna toeriste kom om te rus. Die Cape Columbine Natuur-reservaat met die welbekende Tietiesbaai bied pragtige veldblomme gedurende Augustus and September.

Die amptelike kreef-seisoen begin jaarliks op 15 November.  Permitte word benodig wat jou vier kreef daagliks toelaat. Vanaf 1 Januarie tot 15 April alleenlik oor naweke en publieke vakansie-dae tussen 8 vm en 4 nm.  Die kreef seisoen sluit amptelik op 15 April.

Walvisse en Dolfyne besoek ook hierde kuslyn vir tenminste tien maande van die jaar.

Handel en naglewe is so skaars soos hoender tande - min onderbreek die bevredigende gelykenis van dae en nagte in hierdie visvang dorp. Niks kan beter wees as om met 'n boek op 'n terras te sit en een te word met die ritme van die natuur...

Paternoster se geografiese besonderhede:

Breedtegraad: -32.8167; Lengtegraad: 17.8833
Lat (DMS): 32° 49' 0S; Long (DMS): 17° 52' 60E
Hoogte (voet): 200; Hoogte (meters): 60
Tyd zone(est): UTC + 2
Nabygeleë lughawens : SALDANHA VREDENBURG 9 nm S and
AFB LANGEBAANWEG 16 nm E


BoatsLighthouseWinter_waves

 

bookingbuttonbig_AFR

Convert 

into