|
Dinge om te doen By Farr Out Hou jou eie braai in ons teepee soos die Indiane dit eeue gelede gedoen het. Indien jy jouself wil bederf, vra die gasheer en gasvrou Deon en Marion om 'n heerlike Weskus 3-gang maaltyd voor te berei (mimimum groep van 4). Geniet 'n skemerdrankie met sonsondergang in ons tepee.
Die nuutste toevoeging is ons "Flintstone's borrelbad" (Houtgevuurde warmbad) ... sterrekyk op 'n ander manier...
Geniet 'n adrenalienrit saam met Deon op sy geliefde duinebesie met die wind in jou hare en die uitsig oor die duine. Meer besonderhede op "Farr Out Op Reis".
Die "wouter-klouter" geleë by Farr Out is vir alle ouderdomme ...
Geniet 'n toer deur Marion se spesiale kunswerk by Farr Out. Voorkoms is misleidend....
Maak seker jy kry 'n kans om 'n paar minute in die tuin-mandjie te spandeer. Spesiaal ingevoer vanuit Duitsland, bied dit beskerming teen die wind en laat jou toe om in rus en vrede vir 'n uur of tien in die verte uit te kyk oor die duine.
|
|
Avontuur Wees waaghalsig en gaan "kite-surfing", snorkel duik vir kreef, "scuba" duik (nie vir beginners) of gaan stap net. Paternoster Kayak Toere neem jou op 'n deurweg of deurgang na 'n ander onbekende wêreld. Skakel Dianne by 082 824 8917 om jou water avontuur te bespreek. Besoek die eindelose strand. Vlieg 'n vlieër of kyk net na die dolfyne wat sweef in die golwe. Die Kaap Columbine Natuurreservaat met die welbekende Tietiesbaai bied aan die besoeker die geleëntheid om na bo te klim in die laaste bemande lighuis in Suid Afrika om die baai en omliggende heuwels te bewonder. Perd-ry op die strand is miskien 'n een-keer-in-'n-leeftyd avontuur. Skakel Drikus / Ronel by 082 748 5596 om jou sonsondergang-rit te bespreek. Pasop vir die branders as jy na die golwe kyk! |
|
Skoonheid Nicole Swart (gekwalifiseerde gesondheid en vel-sorg-terapeut / Isa Carstens Akademie) het die deure van haar boetiek-spa oopgemaak. Sy bied ontspannings-, opheffend-, "detoxifying"-, "reflexology"- en warm klip masserings aan as ook "facials", "manicures", "pedicures", "waxing" & kleur. Vir 'n afspraak skakel haar by 073 233 7515 of stuur 'n epos na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . |
|
Souvenirs Oep ve Koep is 'n oud-hede winkel gevul met interessante "kaggel-kakkies". Die Padstal bied 'n wye verskeidenheid tipiese Weskus goedere aan. Die Jewel Shell Shop in die Paternoster Hotel is wel versteek, maar sodra jy dit ontdek, kom jy weer moeilik daar uit. Groot verskeidenheid skulpe, perfek vir aandenkings-jagters! Farr Out se winkel bied handgemaakte aandenkings om jou verblyf onvergeetbaar te maak. Wat van 'n "Vuvuzela", gemaak van see bamboes? Of 'n "birdfeeder", skulp-yskas- magnete, foto kunswerk of "homebaked cookies"? |
|
"Klein Vyf" by Farr Out Sou jy vroeg ontwaak van die klank van die francolins, staan op en kyk uit vir ons "Klein Vyf" in die tuin. Jy mag gelukkig wees om 'n duiker of 'n steenbok, mongoose, skilpad, francolin of konyn te sien. Vir die "laat-slapers" bied Farr Out koi vis aan om te voer ... hulle is altyd honger. Aangrensend by Farr Out is baie oop spasies wat jou dalk inspireer om die veld van nader te bekyk. Sou jy in 'n Suid-rigting stap en terugkyk sal jy verras wees deur die pragtige uitsig oor Paternoster. Terug in die aand geniet jy jou "sundowner" op die patio, maak jou oë toe en luister na die padda konsert. Suiwer natuur... |
|
|
Voël-kyk Die Weskus is 'n voël kykers paradys! Ontdek 'n aantal van die 225 voël-spesies van hierdie area. Geniet die verskeidenheid voëls in ons natuur tuin, byvoorbeeld: Wagtail, Fiscal Shrike, European Starling, Red Bishop, Pied Kingfisher, Palm Swift, Cape Turtle Dove, Rock Pigeon, Greater Kestrel, Pygmy Falcon, Steppe Buzzard, Helmeted Guineafowl, Secretarybird, Spotted Dikkop, Korhaan, Crowned Plover, Egyptian Goose, Bokmakierie, Grey Heron, Blackeyed Bulbul, Yelloweyed Canary, Cape Weaver, Cape White-Eye, Malachite Sunbird, Lesser Doublecollared Sunbird, Barn Owl, Cape Spotted Owl, .... Laat ons weet indien jy enige ander spesie ontdek! |
|
|
Kuns werk Die "Stonefish Studio" kunsgallery kunstenaar Diane Heesom-Green: "Klei is van die aarde en kan sy gedaante verander na gelang van sy rol. Klei is antwoordend tot die innerlike toestand van die maker; terwyl dit gevorm word, vorm dit die maker. "
Die rustige ateljee Paternoster Pottery bied handgemaakte dekoratiewe keramiek-stukke deur plaaslike kunstenaar Gerhard van den Heever. Hy spesialiseer in tradisionele rook-gevuurde potte, hand en groot bakke en tee/koffie stelle.
Geniet 'n toer deur Marion se spesiale kunswerk by Farr Out. Swart en wit asook sepia fotos met die huidige tema "Namibia desert" en "Shells and Beach Paternoster/West Coast" is gedruk en gestrek op seildoekrame (verskeie groottes beskikbaar tot by A0). "Paternoster bakkies" is in die pyplyn. Elke stuk kunswerk is uniek en word individueel aangeraak met olie verf en sommige eco vriendelike natuurlike medium om 'n soort van 3-D voorkoms te verkry. Voorkoms is misleidend....
|