West Coast Heritage Makietie / Weskus Erfenis Makietie

On September 23, 2017
Hits: 203
The Fifth West Coast Heritage Makietie, a popular west coast cultural event, will be hosted by the SA Fisheries Museum Velddrif in collaboration with the Laaiplek Hotel, Berg River Tourism and various role players.  The Makietie takes place on Heritage Day, Saturday, 23 September 2017 this year.  The location is in and around the SA Fisheries Museum in the Laaiplek Hotel grounds.  Die makietie beeld die kultuur-erfenis uit van alle weskus gemeenskappe.  Hierdie jaar se tema is “Eenheid in Verskeidenheid” om deelnemers en besoekers daarop attent te maak dat ons verskeidenheid van kulture ook aangewend kan word om samehorigheid aan te wakker. Die makietie sal weereens 'n kleurvolle byeenkoms van weskus mense wees.  Musiekmakers, rieldansers, tradisionele en moderne danse, drama, storievertellers, skrywers, kunsuitstallings, handwerk, kosstalletjies , bootritte op die rivier en kindervermaak is aan die orde van die dag. Die verrigtinge spring weg met 'n lekker pretstap om 08:00, en die program op die verhoog neem 'n aanvang om 09:00.  Die lekkerlooproete gaan vanjaar weer oop wees.  Feesgangers kan vanaf die feesterrein deur die sleephelling waar houtskuite reggemaak word loop na die hawe, waar hulle 'n begeleide toer op 'n vistreiler kan meemaak.  Laasgenoemde sal beskikbaar wees indien die skuite nie almal see toe is nie. Die manne kan gaan meeding by die skyfskiet kompetisie en 'n halwe skaap wen, terwyl vanmelewe se plaasmasjinerie, veteraanmotors en motorfietse en 'n kunsuitstalling almal sal besig hou. Verskeie plaaslike sangers en groepe sal optree.  Ons gaskunstenaar is die talentvolle jong Whaden Johannes wat nog 'n blink toekoms voor hom het.  Hy was onlangs 'n  wenner van die ATKV se Crescendo kompetisie.  Die SA Visserye Museum is geleë op hierdie terrein.  Almal wat dus hul toegangsgeld by die hek betaal het, word dan ook vriendelik uitgenooi om te museum te besigtig.  Die versameling van die museum beeld die fassinerende geskiedenis uit van die visbedryf en plaaslike geskiedenis van die weskus.